Esther 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in elke provinsie waar ook al die bevel van die koning en sy bevel gekom het, was daar groot rou onder die Jode, en gevas en geween en geween; en baie het in sak en as gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In elke provinsie waar die besluit en opdrag van die koning afgekondig is, was die Jode baie hartseer. Hulle het gevas en gehuil en getreur. Baie het rouklere aangetrek en as oor hulle gegooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En in al die provinsies waar die bevel van die koning en sy wet ook al aankom, was daar groot rou onder die Jode met vas en geween en rouklag; baie het sak en as onder hulle uitgesprei. |
| Afrikaans 1983 | In al die provinsies waar die besluit en die proklamasie van die koning bekend geword het, was daar groot smart onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gekerm, en baie het rouklere aangetrek en in die as gaan lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In al die provinsies en streke waar die besluit en die wet van die koning bekend geword het, was daar groot droefheid onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gerou, en baie het in sak en as gaan lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Judeërs het begin rou, in elke provinsie, op elke plek waar hulle gelees het oor die besluit van die koning en die wet. Hulle het gevas en hulle het hard gehuil en gekla, en baie Judeërs het rouklere aangetrek en as op hulle koppe gegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die nuus van die koning se opdrag in die provinsies bekend geword het, het die Jode begin treur. Hulle het gevas en gehuil en gekla en baie het met begrafnisklere rondgeloop. |