Esther 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het selfs voor die poort van die koning gekom, want niemand mag in die poort van die koning ingaan met rouklere nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het voor die ingang van die paleis gaan staan. Iemand met rouklere aan was nie toegelaat om deur die hek in te gaan nie.
Afrikaans 1933/1953 So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie.
Afrikaans 1983 So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het tot net voor die koningspoort gekom, want niemand met 'n roukleed aan kon by die poort ingaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gegaan tot voor die paleis van die koning, want mense mag nie in die paleis ingegaan het wanneer hulle rouklere gedra het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) tot by die ingang van die paleis. Daar het hy bly staan, want volgens die reël kon niemand met begrafnisklere aan daar ingaan nie.