Esther 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as jy in hierdie tyd heeltemal swyg, dan sal daar vergroting en verlossing vir die Jode van 'n ander plek af ontstaan; maar jy en jou vader se huis sal vernietig word; en wie weet of jy vir 'n tyd soos hierdie in die koninkryk gekom het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy in hierdie tyd gaan stilbly, gaan uitkoms en redding vir die Jode van ’n ander plek af kom. Jy en jou familie sal dan uitgewis word. Wie weet of dit nie miskien juis met die oog op ’n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as jy nou werklik swyg, sal daar van 'n ander kant af verligting en redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? |
| Afrikaans 1983 | As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as jy wel in hierdie tyd sou swyg, sal daar uitkoms en redding vir die Jode van 'n ander plek af kom; maar jy en jou familie sal omkom. En wie weet of jy nie juis vir 'n tyd soos hierdie koninklike status verkry het nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want as jy regtig wil stilbly in hierdie tyd, dan sal Iemand anders vir die Judeërs help. Hulle sal vry wegkom, maar jy en jou familie sal sterf. Hoekom dink jy het jy koningin geword? Miskien het dit gebeur sodat jy jou volk kan help in so 'n moeilike tyd.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy in ’n krisistyd soos hierdie stilbly, kom daar dalk van ’n ander kant af hulp vir die Jode. Hulle word dalk gered, maar dan sal jy en jou familie as verraaiers beskou word. Dan sal julle nie meer welkom wees by julle eie mense nie. Wie weet, dalk moes jy juis koningin word om jou volk te help.” |