Esther 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasveros, het hulle Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp van dag tot dag en van maand tot maand, tot die twaalfde maand, dit is, die maand Adar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die lot is die Pur genoem. Dit is voor Haman gewerp in die eerste maand, die maand Nisan, in die twaalfde regeringsjaar van koning Ahasveros, om ’n presiese dag en maand te kry om die Jode uit te roei. Die lot het geval op die dertiende dag van die twaalfde maand, die maand Adar. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasv,ros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar. |
| Afrikaans 1983 | In die eerste maand, die maand Nisan, in die twaalfde regeringsjaar van koning Ahasveros, is met die Pur, dit is met die lot, in die teenwoordigheid van Haman beslis om 'n geskikte datum te kry om die Jode uit te roei. Die lot het geval op die twaalfde maand, die maand Adar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die eerste maand, die maand Nisan, in die twaalfde regeringsjaar van koning Ahasveros, is die lot, bekend as die Pur, in die teenwoordigheid van Haman gewerp om 'n dag en 'n maand te kies. Die lot het geval op die twaalfde maand, die maand Adar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Haman het gesê sy mense moet die “pur” gooi, dit beteken hulle het lootjies getrek. Hy het dit gedoen in die eerste maand, die maand Nisan, in die twaalfde jaar nadat Ahasveros koning geword het. Hy wou weet op watter dag en in watter maand hy die Judeërs moet laat doodmaak. Die lootjies het gewys die twaalfde maand, die maand Adar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die eerste maand van koning Ahasveros se twaalfde regeringsjaar, dit is die maand Nisan, het Haman opdrag gegee dat hulle lootjies moes trek (of soos hulle dit genoem het, Purim) om ’n geskikte datum te kry waarop hulle die Jode kon uitroei. Hulle het toe op 7 Maart van die volgende jaar besluit. |