Esther 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En terwyl hulle elke dag met hom gespreek het en hy nie na hulle geluister het nie, het hulle Haman meegedeel om te sien of Mórdegai se sake sou bly staan, want hy het hulle vertel dat hy 'n Jood is.
Afrikaans (NLV) 2011 Dag na dag het hulle dit vir hom gevra, maar hy het volgehou om dit te ignoreer. Hulle het dit vir Haman gaan vertel, want hulle wou kyk of Mordegai by sy standpunt sou hou. Hy het ook vir hulle gesê dat hy ’n Jood is.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mordegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n Jood was.
Afrikaans 1983 Toe hulle dit dag vir dag vir hom vra, en hy hom nie aan hulle steur nie, het hulle dit vir Haman vertel, want hulle wou kyk of Mordegai sou volhard in sy houding. Hy het hulle naamlik laat verstaan dat hy 'n Jood is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle dit dag ná dag vir hom gevra het, en hy hom steeds nie aan hulle gesteur het nie, het hulle dit vir Haman vertel. Hulle wou sien of Mordegai sou volhard met sy optrede, aangesien hy aan hulle verduidelik het dat hy 'n Jood is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het elke dag met Mordegai daaroor gepraat. Mordegai het vir hulle gesê dat hy nie wil buig nie omdat hy 'n Judeër is. Toe Mordegai nie wou luister nie, het hulle dit vir Haman vertel, hulle wou sien of Mordegai sal aanhou om nie te buig nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het elke dag met hom daaroor gepraat. Toe hy hom nie aan hulle steur nie, het hulle vir Haman daarvan vertel. Hulle wou sien of Haman iets daaraan sou doen, want Mordegai het intussen vir hulle vertel dat hy ’n Jood is.