Esther 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die afskrif van die skrif vir 'n gebod wat in elke provinsie gegee moes word, is aan al die volke bekend gemaak, dat hulle gereed sou wees teen daardie dag.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Afskrif van die proklamasie moes in elke provinsie as wet afgekondig word en moes aan al die volke bekendgemaak word sodat hulle op daardie dag gereed kon wees.
Afrikaans 1933/1953 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag.
Afrikaans 1983 Die proklamasie moes in elke provinsie as wet afgekondig word en moes aan alle mense bekend wees sodat hulle op dié bepaalde dag gereed kon wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Afskrif van die dekreet moes in elke provinsie uitgevaardig word as wet. Die inhoud daarvan moes aan al die mense bekend gemaak word sodat hulle gereed kon wees vir daardie dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het dit besluit en dit moes 'n wet word in elke provinsie. Al die mense moes daarvan weet, sodat hulle gereed kon wees op daardie dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elke provinsie moes ’n afskrif van die brief kry sodat almal dit kon lees en reg kon wees op die beplande dag.