Esther 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die briewe is na al die provinsies van die koning gestuur om al die Jode, jonk en oud, kinders en vroue, op een dag, op die dertiende dag van die twaalfde, te vernietig, dood te maak en te vergaan in die maand, dit is die maand Adar, en om hulle buit te buit.
Afrikaans (NLV) 2011 Briewe is met hardlopers uitgestuur na elke provinsie van die koning met die opdrag dat al die Jode geheel en al uitgeroei moes word, oud en jonk, vrou en kind. Dit moes gebeur op die dertiende van die twaalfde maand, die maand Adar. Daar moes dan op hulle besittings beslag gelê word.
Afrikaans 1933/1953 En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder.
Afrikaans 1983 Briewe is met boodskappers gestuur na al die provinsies van die koning met die opdrag dat al die Jode voor die voet uitgeroei moet word, klein en groot, kind en vrou. Dit moes plaasvind op één bepaalde dag, die dertiende van die twaalfde maand, die maand Adar. Verder moes daar op hulle besittings beslag gelê word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie briewe is met hardlopers gestuur na al die provinsies van die koning met die opdrag om die Judeërs uit te wis en dood te maak, om almal te verdelg, oud en jonk, vrou en kind, op dieselfde dag, die dertiende van die twaalfde maand, die maand Adar, en om hulle besittings buit te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vinnige boodskappers het die briewe geneem na elke provinsie van die koning. In die briewe was geskryf dat die mense al die Judeërs moet doodmaak, al die jongmense en die oumense, al die kinders en die vroue. Die koning het ook gesê dat die mense al die Judeërs se goed moet vat. Dit moes gebeur op een dag, op die dertiende dag van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die briewe is toe deur boodskappers na elke provinsie toe geneem met die opdrag om al die Jode uit te roei, oud en jonk, vroue en kinders, almal voor die voet. Hierdie slagting is beplan vir 7 Maart die volgende jaar. Diegene wat die Jode doodgemaak het, het ook die reg gehad om al hulle besittings vir hulleself te vat.