Esther 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe is die skrifgeleerdes van die koning geroep op die dertiende dag van die eerste maand, en daar is geskrywe volgens alles wat Haman aan die luitenante van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die owerstes van al die volke van elke provinsie volgens sy skrif, en aan elke volk volgens hulle taal; in die naam van koning Ahasveros is dit geskrywe en met die ring van die koning verseël. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning se sekretarisse is op die dertiende van die eerste maand laat kom. Haman het beveel dat hulle alles aan die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs van elke provinsie en die leiers van elke volk moes skryf. Dit was in hulle eie skrif en in hulle eie taal. Die proklamasie is geskryf in die naam van koning Ahasveros en met sy ring verseël. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasv,ros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning. |
| Afrikaans 1983 | Op die dertiende van die eerste maand is die koning se skrywers ontbied en het hulle alles geskryf wat Haman die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs van elke provinsie en die leiers van elke volk beveel het: aan elke provinsie in sy eie skrif en aan elke volk in sy eie taal. Die proklamasie is geskryf in die naam van koning Ahasveros en verseël met sy ring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skrywers van die koning is ontbied op die dertiende van die eerste maand. Daar is 'n dekreet uitgevaardig in die skrif van elke provinsie en die taal van elke volk, in ooreenstemming met alles wat Haman die satrape van die koning, die •streekgoewerneurs oor elke provinsie en die hoë amptenare van elke volk beveel het. In die naam van koning Ahasveros is dit geskryf en verseël met die seëlring van die koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Haman het die koning se sekretarisse laat roep op die dertiende dag van die eerste maand. Hy het gesê hulle moet briewe skryf vir die hoof-amptenare van die koning en vir die goewerneurs van elke provinsie en vir die amptenare van elke volk. Hulle het die briewe geskryf en hulle het die skrif van elke provinsie en die taal van elke volk gebruik. Hulle het geskryf wat Haman gesê het. Hulle het geskryf dat die briewe van koning Ahasveros kom en hulle het die seël van die koning op die briewe gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op 17 April het Haman al die koning se skrywers laat kom en briewe laat skryf vir al die koning se verteenwoordigers, die goewerneurs van elke provinsie en die leiers van elke volk. Hierdie briewe was in hulle eie taal en skrif sodat hulle dit kon verstaan. Die briewe is in die naam van koning Ahasveros geskryf en met sy seëlring verseël as ’n teken dat die briewe eg was. |