Esther 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ná hierdie dinge het koning Ahasveros Haman, die seun van Hammedatha, die Agagiet, bevorder en hom verhef en sy stoel gestel bo al die vorste wat by hom was.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Ruk na hierdie dinge gebeur het, het koning Ahasveros vir Haman, seun van Hammedata die Agagiet, bevordering gegee. Hy het hom in ’n posisie aangestel wat hoër is as enige van sy ander amptenare.
Afrikaans 1933/1953 Nhierdie dinge het koning Ahasv,ros Haman, die seun van Hammed ta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as die van al die vorste wat by hom was.
Afrikaans 1983 'n Tyd daarna het koning Ahasveros vir Haman seun van Hammedata die Agagiet vereer en hom bevorder. Hy het hom oor al sy ander amptenare aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná hierdie dinge het koning Ahasveros Haman, seun van Hammedata die Agagiet, vereer, hom bevorder en aan hom 'n hoër posisie gegee as dié van al die ander •hoë amptenare wat by hom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Later het koning Ahasveros vir Haman seun van Hammedata 'n belangrike man gemaak. Haman was van die nageslag van Agag. Die koning het vir Haman 'n belangrike amptenaar gemaak, sy stoel het hoër gestaan as die ander amptenare se stoele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Ruk hierna het koning Ahasveros ’n man met die naam Haman tot eerste minister bevorder. Hy was tweede in bevel van die land, net onder die koning self. Haman was die seun van Hammedata, ’n afstammeling van koning Agag van die Amalekiete.