Esther 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het Ester bo al die vroue liefgehad, en sy het genade en guns in sy oë verkry meer as al die maagde; sodat hy die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak het in die plek van Vasti. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het Ester meer liefgehad as enige van die ander jong meisies. Sy was meer na sy sin as enigeen van die ander. Hy het toe die koningin se kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het meer van Ester gehou as van enigeen van die ander vrouens en hy was meer in sy skik met haar as met enige ander jongmeisie. Hy het toe die kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het Ester liefgehad, meer as al die vroue. Sy het voor hom guns en welwillendheid geniet, meer as al die maagde. Hy het toe die hooftooisel op haar kop gesit, en haar koningin gemaak in Vasti se plek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het baie lief geword vir Ester, meer lief as vir al die ander vroue. Hy het meer van haar gehou as van die ander meisies. Hy het 'n kroon op haar kop gesit en hy het haar die koningin gemaak. Voorheen was Vasti die koningin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het meer van haar gehou as van enige van die ander meisies. Hy was so beïndruk met haar dat hy haar dadelik as koningin in Vasti se plek gekroon het. |