Esther 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Ahasveros het belasting op die land en op die eilande van die see gelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Ahasveros het die inwoners van sy land en sy onderdane oorsee dwangarbeid laat verrig.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het koning Ahasv,ros 'n belasting op die land en op die kuslande van die see gelê.
Afrikaans 1983 Koning Ahasveros het die vasteland sowel as die eilande dwangarbeid laat doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Ahasveros het belasting ingestel in die hele land en die eilande van die see.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Ahasveros het die mense in die land en op die eilande vir hom laat werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Ahasveros het sy hele ryk se mense, van die veraf kusgebiede tot by dié wat in die binneland gebly het, verplig om harde arbeid met hulle hande te verrig.