Ephesians 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En, here, doen dieselfde dinge aan hulle, sonder om te dreig, omdat julle weet dat julle Meester ook in die hemel is; daar is ook geen respek vir persone by hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En eienaars, julle moet met dieselfde verantwoordelikheid teenoor julle slawe optree. Hou op om julle slawe te dreig. Julle weet mos dat julle een en dieselfde Eienaar in die hemel het, en dat Hý niemand voortrek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie. |
| Afrikaans 1983 | En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is, en Hy trek niemand voor nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En julle, eienaars, tree net so op teenoor die slawe, en staak julle dreigemente, omdat julle weet dat julle en hulle Here in die hemel is, en dat Hy niemand volgens die uiterlike beoordeel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En eienaars, julle moet goed wees vir julle slawe. Julle moenie aanhou sê julle sal hulle straf nie. Julle moet weet dat julle en die slawe dieselfde Eienaar in die hemel het, en Hy dink nie een mens is belangriker as 'n ander mens nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die base wil ek vra om die mense wat onder hulle werk net so te behandel. Moenie hulle die hele tyd met slegte dinge dreig nie. Onthou dat julle en die mense wat onder julle werk dieselfde Here in die hemel het. Hy trek niemand voor nie, maar behandel almal eenders. |