Ephesians 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Diensknegte, wees gehoorsaam aan die wat julle here na die vlees is, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
Afrikaans (NLV) 2011 Slawe, wees gehoorsaam aan julle aardse eienaars. Respekteer en eerbiedig hulle sonder om skynheilig te wees. Gehoorsaam hulle soos julle Christus sou gehoorsaam.
Afrikaans 1933/1953 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
Afrikaans 1983 Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met 'n opregte hart, asof dit vir Christus is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan •Christus –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Slawe, julle moet gehoorsaam wees aan julle eienaars hier op die aarde. Julle moet waarlik altyd gehoorsaam wees aan hulle, soos julle gehoorsaam is aan Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle slawe is sonder vryheid en aan iemand anders behoort, moet julle na hierdie base van julle luister. Respekteer hulle en behandel hulle met ontsag. Wat julle vir hulle doen, moet julle eerlik en opreg doen, asof julle dit vir Christus doen.