Ephesians 6:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Genade sy met almal wat ons Here Jesus Christus in opregtheid liefhet. Amen. (Aan die Efesiërs geskryf uit Rome, deur Tigikus.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag God se genade met almal wees wat ons Here Jesus Christus met ’n blywende liefde liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen. |
| Afrikaans 1983 | Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy genade bly met almal wat vir ons Here Jesus Christus onverganklik liefhet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat God genadig sal wees vir almal wat altyd baie lief is vir ons Here Jesus Christus en wat nooit ophou om lief te wees vir Hom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag God, die Vader, en die Here Jesus Christus vir julle die vrede gee wat net God kan gee. Mag die Vader en Jesus Christus vir julle die liefde en geloof gee wat julle nodig het. Mag God baie goed wees vir almal wat ons Here Jesus Christus vir ewig en altyd sal bly liefhê. |