Ephesians 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar sodat julle ook my sake kan weet en hoe ek dit doen, sal Tigikus, 'n geliefde broer en getroue dienaar in die Here, alles aan julle bekend maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Tigikus, die geliefde broer, wat die Here getrou dien, sal julle alles vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen.
Afrikaans 1933/1953 En dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal T¡chikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.
Afrikaans 1983 Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, die getroue dienaar in diens van die Here, sal julle alles vertel, sodat julle ook kan weet hoe dit met my gaan en wat ek doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sodat julle kan weet wat my omstandighede is, en wat ek doen – alles sal Tigikus, die geliefde broer en getroue dienskneg van die Here, julle vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tigikus is my liewe vriend en hy werk hard vir die Here. Hy sal ook vir julle alles van my vertel sodat julle kan weet hoe dit met my gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil graag hê dat julle moet weet wat hier aangaan en hoe dit met my gaan. Tigikus, my liewe broer en getroue werker vir die Here, sal julle alles vertel.