Ephesians 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarvoor ek 'n gesant is in boeie, sodat ek daarin met vrymoedigheid kan spreek soos ek behoort te spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ambassadeur van hierdie Goeie Nuus is ek in boeie. Bid dat ek, soos dit hoort, die Goeie Nuus met vrymoedigheid sal verkondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | waarvoor ek 'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hiervoor is ek 'n gesant in kettings – sodat ek vrymoedig daaroor kan praat soos ek moet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is in die tronk omdat God my gekies het om die goeie boodskap te bring. Julle moet bid dat ek nie bang sal wees nie, maar dat ek die boodskap sal bring soos ek dit moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al sit ek nou hier in die tronk, het God my aangestel om die goeie nuus aan almal te vertel. Bid tog asseblief dat ek nie bang sal wees om die boodskap so reguit en duidelik te verkondig soos ek moet nie. |