Ephesians 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vir my, sodat uitspraak aan my gegee kan word, dat ek my mond met vrymoedigheid kan oopmaak, om die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, |
| Afrikaans 1983 | Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook vir my bid. Bid dat God die regte woorde vir my sal gee wanneer ek praat. Dan sal ek die goeie boodskap preek, ek sal nie bang wees om dit te doen nie. Niemand het voorheen hierdie boodskap geken nie, maar God het nou vir ons gesê wat dit is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie. |