Ephesians 6:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bo alles, neem die skild van geloof waarmee julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die goddelose te blus.
Afrikaans (NLV) 2011 Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet.
Afrikaans 1933/1953 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
Afrikaans 1983 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet aanhou om in Christus te glo. Dit is soos wanneer 'n soldaat 'n skild neem om hom te beskerm, dit keer die brandpyle waarmee die duiwel julle wil skiet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan.