Ephesians 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan dan op, julle lendene omgord met waarheid en met die borswapen van geregtigheid aan;
Afrikaans (NLV) 2011 Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan.
Afrikaans 1933/1953 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
Afrikaans 1983 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vas staan. Julle moet die waarheid praat. Dit is soos die belt om 'n soldaat se heupe. Julle moet altyd doen wat reg is. Dit is soos die harnas van 'n soldaat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm.