Ephesians 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ten slotte, my broeders, word sterk in die Here en in die krag van sy sterkte.
Afrikaans (NLV) 2011 Ten slotte: Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte!
Afrikaans 1933/1953 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
Afrikaans 1983 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil vir julle nog één ding sê: Julle behoort aan die Here. Hy is baie sterk, Hy sal vir julle sy krag gee, en julle moet sterk wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak.