Ephesians 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want soms was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here; wandel soos kinders van die lig.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle verbondenheid met die Here, is julle inderdaad die ene lig. Leef dan soos mense van die lig.
Afrikaans 1933/1953 Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here -- wandel soos kinders van die lig.
Afrikaans 1983 Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle was ook eens op ’n tyd soos mense wat in die donker geleef het.