Ephesians 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug, laat dit nie eenmaal onder julle genoem word soos dit die heiliges betaam nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele sondes, immorele optredes of gierigheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
Afrikaans 1983 Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar, soos dit •heiliges betaam, moet daar onder julle van onsedelikheid en allerlei onreinheid of gierigheid geen sprake wees nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie onsedelik lewe en ander slegte dinge doen nie. Julle moenie altyd meer en meer goed vir julleself wil hê nie. Julle behoort aan God, en almal moet weet dat julle nooit hierdie dinge doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, julle behoort aan God. Daarom mag julle nie eens daaraan dink om seksueel verkeerde dinge van watter aard ook al te doen of om van gierigheid oor te loop nie.