Ephesians 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Homself vir ons gegee het as 'n gawe en 'n offer aan God tot 'n lieflike geur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. |
| Afrikaans 1933/1953 | en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur. |
| Afrikaans 1983 | Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en leef in liefde, net soos •Christus ons liefgehad, en Homself ter wille van ons oorgegee het as 'n offergawe aan God, as 'n offerande met 'n aangename geur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet altyd lief wees vir ander mense, soos Christus lief was vir ons. Hy het gesterf sodat ons kan lewe. Hy was 'n offer vir God, 'n offer waarvan God gehou het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ons so liefgehad dat Hy sy lewe tot ons voordeel gegee het. Hy het Homself geoffer en God het die offer aanvaar as betaling vir al die skuld wat ons met ons sondes gemaak het. |