Ephesians 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En moenie gemeenskap hê met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ontmasker eerder hierdie werke, |
| Afrikaans 1933/1953 | en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. |
| Afrikaans 1983 | en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bly weg van mense wat in die donker konkel. Niks goeds of blywends kan uit die gekonkel gebore word nie. Waarsku liewer ander mense daarteen deur vir hulle te wys hoe verkeerd hierdie gekonkel is. |