Ephesians 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Nou dat Hy opgevaar het, wat is dit anders as dat Hy ook eerste na die onderste dele van die aarde neergedaal het?
Afrikaans (NLV) 2011 Wat beteken “Hy het opgevaar” anders as dat Hy eers vooraf moes neergedaal het na dit wat laer is, naamlik na die aarde toe?
Afrikaans 1933/1953 Maar d¡t: Hy het opgevaar -- wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Afrikaans 1983 Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hy het opgevaar” – waarop anders dui dit as dat Hy eers neergedaal het na die laer dele, die aarde?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons lees: Hy het opgegaan. Dit beteken Christus het eers afgekom ondertoe, na die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [9-10] (Wat presies beteken hierdie “teruggaan hemel toe”? Dit beteken mos dat Hy voorheen in die hemel was en toe na die aarde toe afgekom het. Juis Hy is terug hemel toe. Nou is daar nie ’n hoekie of kantjie van hierdie heelal waar Jesus nie teenwoordig is nie.)