Ephesians 4:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wees vriendelik teenoor mekaar, teerhartig, en vergewe mekaar, soos God julle om Christus ontwil vergewe het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. |
| Afrikaans 1983 | Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in •Christus julle ook vergewe het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vriendelik wees met mekaar. Julle moet jammer wees vir mekaar en julle moet vir mekaar help. Christus het gesterf en God het julle vergewe. Daarom moet julle mekaar ook so vergewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s’n is. |