Ephesians 4:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, waardeur julle verseël is tot die dag van verlossing.
Afrikaans (NLV) 2011 Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie. In julle eenheidsband met die Heilige Gees lê julle waarborg dat julle God se verlossingsdag sal belewe.
Afrikaans 1933/1953 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Afrikaans 1983 En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En bedroef nie die Heilige Gees van God, deur wie julle met die oog op die dag van bevryding verseël is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie die Heilige Gees van God hartseer maak nie. Die Heilige Gees wys dat julle aan God behoort en dat God julle eendag heeltemal vry sal maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie die Heilige Gees wat God vir julle gegee het, se hart seermaak nie. Dat die Gees in julle is, is die bewys dat julle aan God behoort. So sal dit bly tot op die dag dat ons finaal van die sonde ontslae sal wees.