Ephesians 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Probeer om die eenheid van die Gees in die band van vrede te bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het.
Afrikaans 1933/1953 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
Afrikaans 1983 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Heilige Gees het julle saamgebind soos een liggaam. Julle moet baie hard probeer om te lewe soos mense wat een liggaam is, julle moet in vrede lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie.