Ephesians 4:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat julle met die nuwe mens moet beklee, wat na God geskape is in geregtigheid en ware heiligheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. |
| Afrikaans 1983 | lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware •geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, God het julle verander en Hy het julle nuwe mense gemaak. Nou moet julle lewe soos nuwe mense. Julle moet waarlik lewe soos God wil hê en julle moet doen wat Hy wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie nuwe lewenstyl moet julle deel van julle lewe maak soos ’n mens nuwe klere aantrek. Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk: ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy. |