Ephesians 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat julle met betrekking tot die vorige lewenswandel die oue mens aflê, wat verdorwe is volgens die bedrieglike begeerlikhede;
Afrikaans (NLV) 2011 naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan.
Afrikaans 1933/1953 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
Afrikaans 1983 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) naamlik dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê, wat as gevolg van sy misleidende drange vergaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het geleer dat julle moet ophou om te lewe soos julle voorheen gelewe het. Toe was julle sleg en julle het die slegte dinge gedoen wat julle graag wou doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Los julle ou manier van lewe. Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde en wil net verkeerde dinge doen. Die einde van daardie pad loop op verwoesting uit.