Ephesians 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek, die gevangene van die Here, smeek julle dan dat julle wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
Afrikaans (NLV) 2011 Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is.
Afrikaans 1933/1953 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
Afrikaans 1983 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here 'n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Paulus, is in die tronk omdat ek die Here dien. Ek sê ernstig vir julle: God het julle gekies en julle behoort nou aan Hom. Daarom moet julle nou lewe soos mense wat aan Hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het.