Ephesians 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarvan ek 'n dienaar gemaak is, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is deur die kragtige werking van sy krag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit genade het God my die gawe gegee om ’n dienaar van hierdie Goeie Nuus te word. Die gawe is aan my gegee deur die werking van God se krag. |
| Afrikaans 1933/1953 | waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. |
| Afrikaans 1983 | Van hierdie evangelie het ek 'n dienaar geword, 'n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van dié evangelie het ek 'n dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou is dit my werk om die goeie boodskap vir julle te bring. Dit is die present wat God vir my gegee het. God was goed vir my, Hy is sterk en Hy het my verander. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het my aangestel om hierdie nuus vir ander te gaan vertel. Dit is ’n voorreg wat God aan my gegee het, al verdien ek dit nie. Hy gee ook vir my die krag om dit te doen. |