Ephesians 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan Hom wat magtig is om meer te doen as alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet geprys word — Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.
Afrikaans 1933/1953 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
Afrikaans 1983 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [20-21] Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.