Ephesians 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat Hy aan jou sal gee, na die rykdom van sy heerlikheid, om deur sy Gees met krag versterk te word in die innerlike mens; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy Goddelike grootheid aan julle die krag gee om innerlik sterk te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, |
| Afrikaans 1983 | Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek bid dat Hy vir julle na die rykdom van sy heerlikheid dít sal skenk: om deur sy Gees met krag na die innerlike mens versterk te word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid en vra vir God, ons Koning, dat Hy die Heilige Gees moet gebruik en dat Hy julle moet help sodat die geloof in julle harte sterker word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek bid dat God, wat so wonderlik en sterk is, deur sy Gees vir julle die krag sal gee wat julle nodig het om geestelik julle man te kan staan. |