Ephesians 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In wie ons vrymoedigheid en toegang met vertroue het deur die geloof in Hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan.
Afrikaans 1933/1953 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.
Afrikaans 1983 In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In Hom het ons, deur ons geloof in Hom, 'n seker en vrymoedige toegang tot God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons behoort aan Christus en ons glo in Hom. Daarom is ons nie bang om vir God iets te vra nie. Ons glo dat God sal doen wat Hy gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat ons Jesus s’n is en op Hom vertrou, hoef ons nou nie meer bang te wees om na God toe te gaan nie. Ons kan dit vol vertroue doen sonder om te wonder of ons mag.