Ephesians 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met die bedoeling dat nou aan die owerhede en magte in hemelse plekke deur die kerk die veelvuldige wysheid van God geken kan word,
Afrikaans (NLV) 2011 Die doel hiermee is om nou deur die kerk vir al die bose hemelse regeerders en maghebbers te wys hoe allesomvattend die wysheid van God
Afrikaans 1933/1953 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
Afrikaans 1983 Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gevolglik kan die ryklik geskakeerde wysheid van God nou deur die •kerk aan die owerhede en die magte in die hemel bekend gemaak word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom kan die kerk nou vir almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, vertel van die wonderlike wysheid van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God wil hê dat die kerk vir al die onsigbare magte en heersers in die hemel sal wys hoe wonderlik slim Hy regtig is. Hy weet alles en beplan vir alles.