Ephesians 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want uit genade is julle gered, deur die geloof; en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; |
| Afrikaans 1983 | Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, God het julle gered omdat Hy baie goed is vir julle, julle wat in Christus glo. Julle het julle nie self gered nie. Nee, Gód het julle gered, Hý was so goed vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vra julle waarom julle nou juis gered is? Wel, dit is omdat God so goed is en julle Jesus so vertrou. |