Ephesians 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onder wie ons ook almal in die verlede ons wandel gehad het in die begeerlikhede van ons vlees, wat die begeertes van die vlees en van die verstand vervul het; en was van nature kinders van die toorn, net soos ander.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem.
Afrikaans 1933/1953 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Afrikaans 1983 So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons almal het vantevore soos hulle opgetree toe ons die begeertes van ons sondige aard en van ons gedagtes uitgeleef het. Ook ons, soos al die ander, was van nature kinders bestem vir die oordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons almal het ook soos daardie mense gelewe wat graag slegte dinge doen. Ons het slegte dinge gedoen en slegte planne gemaak. Ons was sleg vandat ons gebore is, so sleg soos al die ander slegte mense, en God sal slegte mense straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is eintlik maar die storie van ons almal se lewens. Eers het ons almal agter die sonde aangeloop. Wat ons gedink of gedoen het, was die ene sonde. As iets sonde was, was ons daar om dit te doen. Ons het dieselfde menslike geaardheid as al die ander gehad: ons het net in die sonde belanggestel. En vir iemand wat so is, wag daar net een ding: die ewige straf van God.