Ephesians 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het gekom en vrede verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
Afrikaans 1983 Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Hy het vrede as goeie boodskap aan julle kom verkondig, aan julle wat ver was, en ook vrede aan diegene wat naby was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Christus het kom sê daar is nou vrede vir julle wat ver van God was en daar is vrede vir die Jode wat naby God was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het die goeie boodskap gebring dat daar vrede in die wêreld gekom het. Die vrede is nie net bedoel vir die klompie Jode wat naby aan God geleef het nie, maar ook vir almal in die wêreld wat vir baie jare so ver van God af was dat hulle niks van Hom geweet het nie.