Ephesians 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur aan ons die verborgenheid van sy wil bekend te maak, volgens sy welbehae wat Hy in homself voorgeneem het.
Afrikaans (NLV) 2011 het sy geheime plan aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan
Afrikaans 1933/1953 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,
Afrikaans 1983 Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak, soos Hy dit goedgedink en in Christus voorgeneem het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand het voorheen geweet wat God oor Christus besluit het nie, maar nou het God dit vir ons gesê. God het besluit om dit so te doen, Hy wou dit graag doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [9-10] Daarom het Hy besluit om ons ook te laat verstaan waarom Hy, toe die tyd ryp was, besluit het om Jesus te stuur om alles te kom doen wat nodig was. Dit was eintlik eers net God se geheim, wat mense glad nie verstaan het nie. Maar nou besef ons waarom dit gaan, omdat God graag wil hê dat ons dit moet weet. Ja, Hy sal alles - of dit nou in die hemel is of op die aarde - bymekaarbring soos dit met die skepping bedoel was, en Jesus sal oor alles regeer.