Ephesians 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld, om heilig en onberispelik voor Hom in liefde te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, |
| Afrikaans 1983 | So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies, sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het ons gekies sodat ons aan Christus kan behoort. Ja, God het ons gekies voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy het dit gedoen sodat ons aan Hom sal behoort en reg sal lewe en vol liefde sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ons wat aan Jesus behoort, gekies nog lank voor die wêreld gemaak is. Ons moet net Syne wees en daar moet niks in ons wees wat Hom ontevrede kan maak nie. |