Ecclesiastes 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook hulle liefde en hulle haat en hulle afguns is nou vergaan; en hulle het geen deel meer vir ewig aan alles wat onder die son geskied nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is dan klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel hê aan wat onder die son gebeur nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Afrikaans 1983 dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog. Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer het lankal verdwyn; en vir ewig het hulle geen deel meer aan alles wat onder die son gebeur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle was miskien lief vir mense of hulle het mense gehaat, of hulle was kwaad en ontsteld, maar wanneer hulle sterf, dan is dit alles verby. Hulle sal nooit weer saam met ander mense die dinge doen wat in hierdie wêreld gebeur nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs sy liefde, haat en jaloesie gaan saam met hom dood. Hy het geen deel meer aan enigiets wat op aarde gebeur nie.