Ecclesiastes 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die lewendes weet dat hulle sal sterwe, maar die dooies weet niks en het geen beloning meer nie; want die herinnering aan hulle is vergete.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié wat lewe, weet ten minste dat hulle sal doodgaan. Maar dooies weet niks. Daar wag vir hulle geen beloning meer nie, en niemand onthou hulle nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
Afrikaans 1983 Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die lewendes weet immers dat hulle sal sterf, maar die dooies weet niks nie; daar is vir hulle geen verdere beloning nie. Ja, die herinnering aan hulle het vervaag;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, mense wat lewe, weet dat hulle sal sterf, maar mense wat dood is, weet niks. Hulle kry nie 'n beloning nie, want niemand dink nog aan hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En dit is dat die lewende weet hy gaan sterf, terwyl die dooie dit nie weet nie. Die dooie kan niks meer geniet nie. Hy word heeltemal vergeet.