Ecclesiastes 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is 'n boosheid onder alles wat onder die son gebeur, dat daar een gebeurtenis vir almal is: ja, ook die hart van die mensekinders is vol boosheid, en waansin is in hulle hart terwyl hulle lewe, en daarna hulle gaan na die dooies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die slegste ding van alles wat onder die son gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Ook dat die hart van die mens vol boosheid is. Die dwaasheid bly by hom sy lewe lank. Daarna gaan hy na dié wat reeds dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is 'n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe! |
| Afrikaans 1983 | Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die slegte by alles wat onder die son gebeur: dat daar een lot is vir almal; ook dat die hart van mense vol boosheid is, en dat domheid in hulle harte is gedurende hulle lewe; en daarna – na die dooies! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is iets verkeerd wat in hierdie wêreld gebeur: Dit is verkeerd dat dieselfde dinge met almal gebeur. Mense dink slegte dinge en hulle is dwase hulle hele lewe lank, en daarna sterf hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is ’n slegte ding in hierdie wêreld en dit is dat almal dieselfde lot deel. Mense gee hulle aan sinlose dinge oor en bedink allerlei booshede. Daarna gaan hulle dood. |