Ecclesiastes 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Alles kom vir almal eenders: een gebeurtenis is vir die regverdige en een vir die goddelose; vir die goeies en die reines en die onreine; aan hom wat offer en aan hom wat nie offer nie: soos die goeie is, so is die sondaar; en hy wat sweer, soos hy wat 'n eed vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Dieselfde lot wag vir alle mense, dié wat regverdig is of goddeloos, goed of sleg, rein of onrein, dié wat offer en dié wat nie offer nie. Goeie mense en sondaars kry dieselfde behandeling. Soos dit gaan met dié wat ’n eed aflê, so gaan dit ook met dié wat nie ’n eed aflê nie.
Afrikaans 1933/1953 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir 'n eed.
Afrikaans 1983 Een en dieselfde lot tref almal: die regverdige en die goddelose, die goeie, die reine en die onreine, die een wat offer en die een wat nie offer nie. Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar, soos dit gaan met die een wat 'n eed aflê, so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles is dieselfde vir almal: Daar wag een lot vir die regverdige en die goddelose; vir die goeie, die reine en die •onreine; vir die een wat offer en vir hom wat nie offer nie. Dit gaan met die sondaar soos met die goeie, met die een wat 'n eed aflê, soos met hom wat bang is om 'n eed af te lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dieselfde dinge gebeur met almal, dit gebeur met mense wat reg doen en met mense wat verkeerd doen, met mense wat goed is, met mense wat rein is en met mense wat onrein is, met mense wat offer en met mense wat nie offer nie, met mense wat goeie dinge doen en met mense wat sonde doen, met mense wat vir God iets belowe en met mense wat bang is om vir God iets te belowe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dieselfde lot tref almal. Dit maak die lewe sinloos. Of iemand nou goed of sleg is, en of iemand offer of nie offer nie, maak nie eintlik saak nie. ’n Goeie mens is nie in ’n beter posisie as ’n slegte mens nie en iemand wat beloftes voor God aflê, is nie beter as iemand wat dit nie doen nie.