Ecclesiastes 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woorde van wyse manne word in stilte gehoor, meer as die geroep van hom wat onder dwase heers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog word die rustige woorde van die wyse beter gehoor as die harde geskreeu van ’n koning wat oor dwase regeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase. |
| Afrikaans 1983 | Die rustige woorde van dié wat wysheid het, word beter gehoor as die geskree van een wat heers oor dwase. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Woorde van wyses, kalm aangehoor, is beter as die geskree van 'n heerser tussen dwase. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is beter om te luister wanneer wyse mense kalm praat, beter as om te luister wanneer 'n persoon wat regeer, vir dwase skree. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om rustig na die diep gedagtes van ’n wyse te luister is baie beter as die geskree van ’n politieke leier in die geselskap van dwase mense. |