Ecclesiastes 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek: Wysheid is beter as krag; nogtans word die wysheid van die arm man verag, en sy woorde word nie gehoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek besef: Wysheid is beter as krag, maar die wysheid van die arme word geminag, en niemand luister na wat hy sê nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
Afrikaans 1983 Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag, maar die wysheid van die arme word geminag, en niemand luister na wat hy sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek gesê: Wysheid is beter as krag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe gesê: Dit is beter om wysheid te hê as om sterk te wees. Maar mense dink 'n arm mens se wysheid is nie belangrik nie, en hulle luister nie wanneer hy praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ek vir myself gesê dit is tipies van die lewe. Wysheid is baie beter as krag en mag, maar die arm wyse sal altyd verag word. Niemand luister na hom nie.