Ecclesiastes 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is 'n arm wyse man daarin gevind, en hy het die stad deur sy wysheid gered; tog het niemand daardie selfde arme man onthou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ’n arm man wat baie wys was. Hy het die stad met sy wysheid gered. Maar agterna het niemand die arm man onthou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarin is 'n arm wyse man gevind; die het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie. |
| Afrikaans 1983 | In die stad was 'n arm man met baie wysheid, en hy het die stad deur sy wysheid gered. Maar niemand het die arm man onthou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Arm, wyse man het hom in die stad bevind. Dié man het die stad deur sy wysheid gered, tog het niemand daardie arm man onthou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n arm man in die stad, die man het wysheid gehad. Hy het sy wysheid gebruik om die stad te red. Maar niemand het daardie arm man onthou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Binne-in die dorpie was daar ’n arm man, maar baie wys. Deur sy kennis en insig het hulle die koning se aanslag afgeweer. Maar na ’n tydjie het niemand meer aan dié wyse man gedink nie. |