Ecclesiastes 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was 'n klein stad, en min manne daarin; en 'n groot koning het daarteen gekom en dit beleër en groot skans daarteen gebou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ’n dorpie met min mense. ’n Groot koning het die dorpie beleër en groot beleëringstellasies daarteen gebou. |
| Afrikaans 1933/1953 | daar was 'n klein stadjie en min manne daarin, en 'n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou. |
| Afrikaans 1983 | Daar was 'n klein stadjie met min mense. 'n Magtige koning het teen die stad opgetrek, dit beleër en hom daar ingegrawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was 'n klein stadjie met min mense daarin. 'n Groot koning het daarheen opgetrek, dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n klein stadjie, min mense het daar gewoon. 'n Groot koning het die stad van al die kante aangeval. Hy het probeer om die stad se mure af te breek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n keer was daar ’n klein dorpie met ’n paar inwoners. ’n Groot sterk koning het teen die dorpie opgetrek. Hy het dit omsingel en die mure begin afbreek. |