Ecclesiastes 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ook die mens ken nie sy tyd nie: soos visse wat in 'n bose net gevang word en soos die voëls wat in die strik gevang word; so word die mensekinders verstrik in 'n onheilspellende tyd as dit hulle skielik oorval.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand kan voorspel wanneer sy tyd aanbreek nie. Dis soos visse wat gevang word in ’n net, soos voëls gevang word in ’n wip, so word die mens gevang in tye van teëspoed as dit onverwags op hom toesak.
Afrikaans 1933/1953 Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet -- soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.
Afrikaans 1983 Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie. Soos visse wat gevang word in 'n net, soos voëls wat gevang word in 'n wip, so word die mens gevang as die teëspoed kom, as dit hom skielik oorval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die mens ken ook nie sy tyd nie. Soos visse wat gevang word in 'n verraderlike net, en soos voëls wat gevang word in 'n wip, so is dit met hulle: In 'n tyd van onheil raak mense verstrik, soos dit hulle skielik oorval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Mens weet self nie wanneer dit tyd is dat hy moet sterf nie. Dit sal miskien skielik sleg gaan met hom, soos wanneer 'n vis skielik in 'n visnet kom of wanneer 'n voël in 'n vangnet vassit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand weet wanneer iets slegs met hom gaan gebeur nie. Soos wanneer voëls skielik in ’n wip beland, of visse in ’n net, net so vinnig en onverwags tref ongeluk die mens.